Month: September 2019

“Dogged” toegeneëntheid

Maggie gee nie veel om vir televisie nie. Sy sal liewer by die venster uitkyk as om na ’n klein skerm te staar. Sy is ook nie lief vir lees nie. Sy het al by geleentheid aan boeke “gekou”, in ’n baie letterlike sin. Nogtans, wanneer ek en Jay lees of TV kyk sal Maggie meedoen, want sy geniet dit…

met Die hulp van god

Die woord Ebenezer in die Engelse kerklied Come Thou Fount of Every Blessing, verwys na ’n tydperk toe die volk Israel hard probeer het om die noue verhouding wat hulle eens met God gehad het, te herstel. Hulle geestelike leier, Samuel, het gesê dat as hulle hul valse gode sou verwerp en heelhartig tot God sou terugkeer, sou Hy hulle…

aanklag teen die pastoor

Dit was tydens ’n voetbalwedstryd waarin my kleinseun betrokke was, dat die skeidsregter die fluitjie geblaas het en aangedui het dat ’n strafskop toegeken sou word. Skynbaar is die speler geduik nadat hy die bal aangegee het en die aankondiger wat oor die mikrofoon uitgesaai het, het hom weerspreek. Hy’t gesê: “The penalty is roughing the pastor ... I mean,…

verskillende Doelstellings

Byron Nelson, die professionele gholfspeler, het in 1945 ’n wonderlike seisoen beleef. Hy het aan 30 toernooie deelgeneem en 18 van hulle gewen – 11 van hulle opeenvolgend. Indien hy wou, kon hy sy loopbaan voortgesit het en die beste speler van alle tye geword het, en baie geld gemaak het, maar dit was nie sy doel nie. Hy wou…

Die Wonder van die natuur

Ek het in die Midweste van Amerika opgegroei en is gereeld aangegryp deur die natuurlike dierelewe en plantegroei van ons omgewing. Onlangs het ek ’n besoek aan die kusstreke van Kalifornië gebring en ek moet erken dat ek in ademlose verwondering gestaan het by die aanskoue van die robbe, blaffende seeleeus en die bosryke gebiede. Ek het gesien hoe pelikane…

Dis Die Ware jakob

In my kantoor hang ’n Sertifikaat van Egtheid, wat vir my kosbaar is. Op die sertifikaat is die logo van die VSA se Ruimtependeltuig, Vlug 110, aangebring. Daardie pendeltuig is in April 2002 gelanseer. Rex Walheim, ’n sending- spesialis, was aan boord van daardie vlug en hy het ’n artikel van “Ons Daaglikse Brood” getitel “Om God se grootheid te…

Die mossie se vlug

Een aand, na aandete, het ’n klein, bruin mossie deur die voordeur gevlieg en ons huis binnegekom. ’n Jagtog het gevolg. Elke keer wanneer my man naby gekom het, het die voëltjie weggefladder en desperaat na ’n uitgang gesoek. Voordat ons die voëltjie eindelik na buite kon help, het die mossie die hele huis deurkruis en ons kon sien hoe…

ike se Woedeprobleem

Op 6 Junie 1944 was Dwight D. Eisenhower, aanvoerder van die Geallieerde Magte, die magtigste persoon op aarde. Onder sy leiding het die grootste weermag byeengekom met die doel om Europa uit die mag van Nazi Duitsland te bevry. Hoe was dit moontlik dat Eisenhower so ’n geweldige mag kon lei? Een rede was omdat hy ’n besondere slag gehad…

amnesie Van KaraKter

Dit lyk asof jongmense in Sjina begin vergeet hoe om die pragtige letters van hulle tradisionele taal, te skryf. Daar is sommige mense wat hierdie verskynsel character amnesia, (geheueverlies van karakter) noem. Die gebruik van rekenaars en selfone lei daartoe dat die skryfkuns verwaarloos word en daarom kan sommige jongmense nie meer die letters wat hulle as kinders geleer het,…

net nog ’n sonDag?

Een sonnige Sondagoggend na kerk, het ek ’n entjie in die omgewing gaan stap. ’n Man was besig om sy grasperk langs die sypaadjie te sny en ons het mekaar met die gewone “Hallo, hoe gaan dit?” gegroet. Op baie negatiewe wyse het hy geantwoord: “Maar net nog ’n Sondag!” Later het ek gewonder wat hy daarby bedoel het. Het…